GESANG 089 1. JESUS, ONS LOOF U! JESUS, ONS PRYS U! LAAT ONS MET ENG'LE 'N LOFLIED SING - NIE MEER VERLORE; U IS GEBORE! ONTVANG DIE DANK WAT ONS U BRING! 2. JESUS, ONS LOOF U! JESUS, ONS PRYS U! NEEM U ONS HARTE EN MAAK DIT REIN DAT ONS, GELOWIG, U DIEN MET LIEFDE - ONTVANG DIE LOF VAN KINDERS KLEIN!